My juk is sag

Is die juk op jou nek swaar?
Vryf hierdie room dan daar.
Of laat ‘n vriend jou masseer,
terwyl jy die Woord leer:

My Woord is lewend en kragtig
en leer van God almagtig.
Dis ‘n tweesnydende mes waarmee Ek sny
met die doel om vir jou genesing te kry. (Heb 4:12-13)

Jesus het die uitnodiging gegee:
Kom na My toe en Ek sal rus gee.
Julle moet My juk probeer
en fokus om van My te leer.

Ek is sagmoedig van hart.
En verstaan jou smart. (Mat 11:29)
Ek vernietig bande wat jou bind
Ek breek jou juk, My kind.” (Nah 1:13)

Glo in God, glo ook in My –
so kan jy in swaarkry vrede kry. (Joh 14:1,27)
Wees dus bly as jy in My lyding deel:
Wederkomsvreugde maak jou heel. (I Pet 4:13)

Voor hierdie room op kan raak,
sien die las op ander skouers raak.
Bied aan om haar nek te masseer
of dit op sy eelt-hande te smeer…

So kan julle saam van God se liefde leer
en selfs in julle swaarkry leef tot Sy eer.
Wees reg om te antwoord as ander vra,
hoe jy dit regkry om jou juk só maklik te dra! (I Pet 3:15)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading