Matthew

Sy lewe op aarde is nou verby –
dae gevul met swaakry en ly.
Hy het jul soms tog laat lag,
maar onvermydelik hierdie dag…

Die Here wil jou ‘n boodskap bring:
Waar hy nou is, is hy besig om te sing!
Vol vreugde kan hy huppel en spring,
terwyl hy aan Hom ‘n loflied bring:

“Aan U, o God kom toe die eer,
wêreldse pyn ken ek nie meer.
U liefde hier maak my so vol,
ek wil amper weer soos op aarde rol!

Dankie vir my liewe ma en pa,
wat my versorg het sonder kla.
Help hulle om raak te sien –
ek kry nou vir Wiskunde tien uit tien!

U weë is so moeilik om te verstaan,
as ons vasgevang is in aardse bestaan.
Mens wonder hoekom kry party so swaar
en vir ander is alles net daar…

Ag Here, laat hulle tog net sien,
hoe weglaatbaar is alles daar.
Laat hulle U toegewy bly dien,
dat hulle self eendag kan kom sien:

Alles was tog die moeite werd –
ek is nou sterker as ‘n perd!
Geen aardse beperking kan my keer,
ja, ek bring aan U die lof en eer!!

Amen, ja, dit is waar en seker,
want Jesus drink die lydensbeker.
En daarom het swakkes op die aarde
in die hemel die heel grootse waarde!”

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading