Ma

O Vader, ek wil U lof besing,
U dade vul my met verwondering:
U het my gevorm nog voor ek kon leef,
in my ma se skoot my aanmekaar geweef (Ps 139:1-2)

As moeder was sy aan U getrou
en het my met U liefde toegevou.
Ja, U groot liefdesgebod o Heer
is wat ek deur haar kon leer.

As ma het sy onbaatsugtig gedien,
daardeur kon almal die Evangelie sien.
“Maak dissipels van almal rondom jou”
is deur haar voorbeeld in my are ingebou.

O Here ek wil U dan nou vra,
al hoor ons haar in swaakry nie kla,
dat U haar in U liefde toe sal vou,
want sy was al die jare as ma getrou!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading