Lukas: Die goeie nuus!

Die koms van Jesus, die Seun van die mens, is goeie nuus wat weerklink in lofliedere in die begin van die boek.

Maria het die grootheid van God besing
en hierdie loflied na Hom gebring:

Oor die magtige God sal ek juig:
Hy het my geringheid gesien.
Sy groot dade het ek nie verdien.
Van sy grootheid kan ek getuig.

Hoogmoediges is uitmekaar gejaag.
Maghebbers is afgeruk van hul troon.
Geringes is in hul plek beloon.
Behoeftiges oorlaai, rykes verlaag.

Hy het Israel kom help soos beloof,
daarom wil ek hom nou loof! (Luk 1:47-55)

Sagaria, is deur die Gees vervul.
Lof aan die Heer het sy huis vervul:
God het sy volk in genade opgesoek:
Verlossing, soos beloof in Sy Boek. (Luk 1:68,70)

Jy, kindjie kom maak die pad gereed.
Kind van die Allerhoogste sal jy heet! (Luk 1:76)

Die engele sing tot hul Heer:
“Aan God in die hoogste hemel: Eer!
Vir mense op aarde: Vrede,
vir sy welbehae sonder rede!” (Luk 2:14)

Simeon het God oor die Kindjie geprys,
want God het hom verlossing gewys. (Luk 2:27-29)

Die goeie nuus was nie net die Verlosser se koms na die aarde nie, maar ook Sy terugkeer na die hemel:

Die dissipels het met blydskap God geprys,
want Jesus het seënend na die hemel gerys. (Luk 24:51-53)

Die goeie nuus is vir almal (ja, veral jóú) bedoel.
Liewe leser voel jy in jou hard beklem?
Hierdie tyding is vir almal bestem! (Luk 2:10)

Ja, hierdie geboorte se berig,
is gestuur om alle nasies te verlig. (Luk 2:32)

Alle mense sal die verlossing sien, (Luk 3:6)
ook jy, al het jy dit nie verdien….

Is jy stukkend en dink niemand verstaan?
Hy stuur die barmhartige Samaritaan! (Luk 10:33)

Die goeie nuus sal jou verstom:
die Seun van die mens het gekom
om jou te soek en te red,
wat die verlore gevoel het! (Luk 19:10)

Gee jy daarom ook aan God die eer:
Verkondig aan alle nasies: Vergeef en bekeer! (Luk 24:46,47)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading