Gebed: I Tes 5:16-22

Here, as ek 1 Tessalonisense 5 lees,
wil ek altyd in U bly wees.
Ek wil bid sonder ophou,
ja, Here vir almal wat U Woord oopvou.

Ek word nou vir hulle stil
soekend na U, O God se wil.

Help hulle om in dankbaarheid te berus.
Help hulle om nie die Gees te blus.
Laat hulle ondersoekend die goeie kry.
Laat hulle alle boosheid vermy.

Dankie, dat Ek hulle aan U mag opdra
en dat ek dit in Jesus se Naam mag vra.
Amen.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading