Gryp die boodskap vas

God het ons verdere guns verleen:
Nou praat Hy deur Sy Seun! (Heb 1:1).
Sy boodskap moet julle nie mis,
want kyk net wie Hy is:

Deur Hom is die wêreld gemaak.
God het Hom erfgenaam van alles laat raak. (Heb 1:2).
Jy sien die heerlikheid van God uit Hom straal,
maar tog het Hy vir jóú sonde betaal! (Heb 1:3)

Hy hou alles deur sy magswoord in stand.
en sit in die hemel aan God se regterhand. (Heb 1:3).
Hy is die beeld van God wat lewe
en is bo die engele verhewe (Heb 1:4).

Al woon engele ook daar,
word Sy verhewendheid verklaar.
In die hemelse troonsaal
word die Koning se kroning verhaal:

Jy is my Seun, kom nader
van vandag af is Ek jou Vader. (Heb 1:5, Ps 2:7, II Sam 7:14).
Al die engele in gelid
moet hierdie Koning aanbid. (Heb 1:6).

U troon, o God, staan vir ewig vas
U het die reg lief, onreg is onvanpas. (Heb 1:8).
Aardse dinge sal vergaan,
maar U bly altyd bestaan (Heb 1:11).

Sit aan My regterhand,
Ek gee jou vyand in jou hand. (Heb 1:13).
Engele is geeste wat gelowiges dien,
kan jy die Seun se grootheid sien? (Heb 1:14).

As jy Jesus se verhewendheid begryp
moet jy die boodskap kragtiger vasgryp. (Heb 2:1)
Maar hoe sal jy die straf ontkom
as jy nie luister na die boodskap van Hom? (Heb 2:2)

Ten spyte dat jy voortdurend sondig,
het Hy die saligheid aan jou verkondig. (Heb 2:3)
As jy die boodskap vashou en lees,
deel jy ook in die gawes van die Gees. (Heb 2:4)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading