God se liefde deur Sy Seun

“Netso, Nikodemus, moet die Seun van die mens
verhoog word, dit is my Vader se wens,
sodat elkeen wat My werklik sien en glo,
die ewige lewe kan hê, by My daarbo! (Joh 3:14-15)

Want God het die wêreld so liefgehê
dat Hy My, sy enigste Seun, aan ‘n kruis gaan slaan
sodat dié wat in My glo, nie verlore sal gaan,
maar die ewige lewe sal hê.” (Joh 3:16)

God het sy Seun na die wêreld gestuur,
nie om te veroordeel in daardie uur,
maar dat Hy die wêreld deur Hom red:
Die wat glo, is die wat nie veroordeling het. (Joh 3:17-18)

Dié wat nie in die Naam van die Seun glo,
is lankal reeds veroordeel van Bo.
Hulle het die duisternis liewer as die Lig,
want dit hou hulle bose werke buite sig. (Joh 3:19-20)

Van die wat volgens die waarheid wandel,
is dit duidelik dat hulle in God handel. (Joh 3:21)

Die Seun wat van bo af kom –
die getuienis kom van Hom.
Niemand wou Sy getuienis aanvaar,
maar party het God wel geloofwaardig verklaar. (Joh 3:31-33)

Die Seun spreek die woorde van God se werk,
gelei deur die Gees in Hom onbeperk.
Die Vader het die Seun alles in Sy hand gegee
en wys so Sy groot liefde daarmee. (Joh 3:34-35)

Wie in die Seun glo, so verhewe,
ja net hy, het die ewige lewe.
Dié ongehoorsaam aan die Seun,
die toorn van God sal op hom reën (Joh 3:36)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading