Gebed uit Efesiërs 1: 15-23

O God, van ons Here Jesus Christus
dankie vir my vriende se geloof in die Here Jesus
en van hulle liefde vir al die gelowiges
en daarom is dat wat in my gebed is:

Ek bid dat U, aan wie die heerlikheid toekom,
deur U Gees hulle die wysheid sal laat bekom,
dat hulle U werklik diep sal leer ken
en die wat U geroep het, sal help wen.

Laat hulle U geweldige krag ervaar,
dié krag waarmee Christus kon opvaar.
Ja, daar waar Hy aan U regterhand sit met krag
met die heerskappy van elke mag en gesag.

U het alles aan Hom onderwerp om vir U te werk
en Hom bo alles verhef as die hoof van U kerk.
Die kerk is Sy ligggaam wat U met U Gees vul,
ja die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Ja, Here en as hulle dit alles leer,
laat hulle U met hul hele lewe eer!
Laat hulle die rug op aardse dinge keer
en niks anders as U van harte begeer.