Ek wil soos ‘n koning leef

In hierdie nuwe jaar wil ek streef
om net soos ‘n koning te leef!
O God is dit te veel gevra,
is ek nou net voor op die wa?

My seun, weet jy wat ek van ‘n koning vra?
Kan jy daardie verantwoordelikhede dra?
Is jy seker dis wat jy begeer?
Kom laat ek jou hieroor leer:

Jy mag nie baie perde aanhou,
perde gee mos militêre mag,
dan gaan jy dink dis jou eie krag
en jy gaan nie meer op my vertrou. (Deut 17:16)

Jy mag nie van ongelowige vrouens hou
en ook nie met baie vrouens trou
anders word jy aan My ontrou. (Deut 17:15, 17)

Silwer en goud moet jy nie vergaar
en dan begin om jou rykdom te meet,
want dis dan wat jy van my vergeet
en jou onafhanklik van My verklaar. (Deut 17:17)

Jy moet die afsrkif van my wetboek lees,
want so werk ek in jou deur My Gees.
So sal die koning voorspoed kry
in gehoorsaamheid aan My. (Deut 17:18-20)

Al die konings op aarde het gefaal
met die uitsondering van Een
en dit was My geliefde Seun,
wat vir hulle moes kom betaal.

O God, ek het nie verstaan
waaroor dit werklik gaan.
Dis nie ‘n koning wat ek wil wees,
nee, gee my asseblief U Gees.

Help my om die jaar net op U te vertrou.
Bewaar my van versoekings en ontrou.
Laat my besittings tot nut van ander wees
en laat ek U Woord gereeld bly lees.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading