Die sewe gemeentes

Sewe lampe se lig het geskyn.
Party sin het al amper verdwyn…
Die lampe is gemeentes van alle tyd.
Ja, ook vandag vir ons, in ons stryd.

Christus word bekend gestel,
Iets meer word van stad vertel.
God sien die druk, die swaar
maar ook wat die lig is daar.

Hy prys hul vir wat is reg.
Hy wys wat doen hul sleg.
Hy waarsku of Hy vertroos
die verkeerde en die broos.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
en beloftes wat Hy vervul.

Ja, vir Hom die ewig lewende,
moet ons bely al bewende:
Ons lig skyn ook nie meer sterk.
Ons raak verstrengel in ons werk.

Hy ken ons pyn en druk –
Ons moet net wakker skrik.
Hy het die ewige lewe beloof.
Laat jou lig skyn in geloof!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading