Die reënboog

Toe Noag en sy gesin die ark verlaat,
was ‘n offer aan God hul eerste daad. (Gen 8:20)

Seisoene, dag en nag, sal altyd bly bestaan:
julle sal nie weer met ‘n vloed vergaan.
En wanneer die reënboog verskyn in prag,
onthou dan My belofte bly altyd van krag. (Gen 9:9-11)

Maar ook vir joú is die reënboog boodskap nog van pas.
Ja, jy liewe leser, jy is ook van jou sonde skoon gewas. (I Pet 3:21-22)
So seker as wat die reënboog in die wolke verskyn,
so seker sal My liefde vir jou nooit verdwyn. (Jes 54:9,10)

O God, dag en nag laat my weer besin,
ja, U seun kleur selfs die herfsblare in.
Laat ander die vreugde in my oë bespeur,
want U het my hart met ‘n reënboog ingekleur.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading