Die Losser

“Mag ek are optel agter graan snyers aan?”
“My dogter, jy mag gerus maar gaan.”
Sy kom toe uit by die land wat aan Boas behoort.
Hy kom toe juis uit Bethlehem en spreek seënwoord.
Boas aan sy werkers: “Mag die Here by julle wees.”
Sy werkers: “Mag die Here U seën deur Sy Gees.” (Rut 2:1-4)

“Wie is daardie meisie?”, het Boas sy voorman gevra.
“Dis die Moabitiese meisie wat hard werk sonder kla.”
“My dogter, bly op hierdie land,
die mans hier sal jou nie aanrand.”

“Waarom is u so goed vir ‘n vreemde een?”
Weer sien ons dat Boas iemand seën:
“Ek weet van jou geloofsdaad
om jou land te verlaat.
Mag die God van Israel onder wie se vleuels jy skuil,
jou swaarkry met ‘n welverdiende beloning verruil.” (Rut 2:5-12)

“Kom eet brood met wynsous daarmee.”
By die snyers het hy haar gebraaide koring gegee.
“Sy mag selfs tussen die gerwe vergaar,
laat val ook ekstra gerwe vir haar.” (Rut 2:13-16)

Rut het van haar kos met Naomi gedeel
en Naomi het besef die opbrengs is te veel:
“Mag die Here hom seën: Hy het belang gestel.”
“Boas is sy naam”, het Rut haar vertel. (Rut 2:17-20)

“Die Here way sy trou aan lewendes en dooies bewys
Mag hy ook sy seën ook aan Boas bewys.
Hierdie man is een van ons lossers, moet jy verstaan.
In ons kultuur is dit waaroor dit gaan: (Rut 2:20)

God wil nie dat ons ons grond verloor,
daarom skryf Hy in sy wette voor:
As ons ons grond deur armoede moet verkoop,
moet ‘n naaste familielid dit terugkoop. (Lev 25:25)

Dis goed vir jou om saam met sy werksters uit te gaan –
op ander lande rand manne jou dalk aan…”
Rut het op Boas se lande are vergaar,
tot die einde van die koringoes was sy daar. (Rut 2:20-23)

Jy, leser, wat so gebukkend are optel,
ja, vir joú persoonlik, wil God ook vertel:
“Jy wat kinderlik in My Seun bly glo,
wat vertrou op jou Verlosser daarbo,
jy sal nie My beloftes verloor,
want Ek het jou gebede verhoor!

Maar tot Ek die hele oes vergaar,
laat val Ek vir jou ekstra gerwe daar.
Die brood en wynsous sal jou versterk,
terwyl jy getrou op My lande bly werk.”

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading