Die liggaam (Efesiërs oorsig)

Deur God se krag is Christus se opstanding bewerk.
Aan God’s regterhand is Hy nou hoof van die kerk. (Ef 1:19-22)

Die kerk is sy liggaam,
Ja, dis ons almal saam. (Ef 1:23)

Ons, Christene is die kerk se gebou,
maar, Jesus is die hoeskteen, onthou! (Ef 2:20).
Ons is opgebou as geestelike huis
en God self gaan in dié tempel tuis! (Ef 2:21;22)

Hierdie liggaam bly net groei,
as jy met die Woord bly stoei
As jy van die verlossing vertel,
word die wat hoor ook ingetel. (Ef 3:6)

Daar is net één:
Een liggaam wat loof
Een hoop
Een in die geloof
Een doop
Een God. (Ef 4:4-5)

Hy is almal se vader.
Sy werk bring almal nader. (Ef 4:6)
Ons word net werklik een
as ons kennis het van dié Een! (Ef 4:13).

Hy gee gawes vir jou,
om die ligaam mee te bou.
Die onvolwasse kerk as kind
word rongeslinger in die wind (Ef 4:14)
Ons moet in liefde en waarheid bly,
dan sal ons groei en word soos Hy! (Ef 4:15)
Ons is liggaamsdele wat bymekaar pas:
Elkeen met ‘n doel en dra mekaar se las. (Ef 4:16)

As ons as liggaam wil bly staan,
trek dan die wapenrusting aan:
Die waarheid as gordel om jou lyf vas.
Vryspraak deur God as bors harnas.
Verkondig die evangelie dat God versoen
Ja, Sy vredesboodskap is jou skoen.
Met geloof as skild in die hand
keer jy die bose pyle aan elke kant.
Sit verlossing as helm op
dit hou twyfel uit die kop…
Vat die swaard van die Gees
dit is om baie Bybel te lees! (Ef 6:10-17)

Liggaam, buig jou biddend voor Hom neer.
Smeek by elke geleentheid tot jou Heer.
Ja, vra dat Hy hierdie liggaam bewaar
en lede, bly bid gedurig vir mekaar! (Ef 6:18)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading