Die koningin in die skaakspel

‘n Goddelike skaakspel is begin…
Vasti wou nie die koning bekoor.
Die koning word toe baie kwaad
en vra sy amptenare se raad.
So het sy haar status verloor
en Ester word toe die koningin.

Paleisbeamptes wou die koning vermoor.
Mordegai het by die poort daarvan gehoor.
Deur Ester is die koning daarvan vertel.
“Skryf dit in die annale” was sy bevel.

Haman: “Die koning het my vereer
so, buig jul almal voor my neer!”
Mordegai het nie gebuig voor die bevel.
Die dienaars het vir Haman gaan vertel.

Haman het toe agteraf geknoei
om die Joodse volk uit te roei.
Op die twaalfde maand val die lot
vir uitwissing deur die koning se gebod.

Mordegai het sy kleure geskeur
en in die stad geloop en treur.
“Miskien het jy juis dié posisie gekry
om so die volk van uitwissing te bevry!”

Ester het haar voorberei
om ‘n spreekbeurt by die koning te kry.
Sy het ‘n maaltyd gevra,
om daar haar boodskap oor te dra.

Haman, jou optrede laat my walg.
Hang hom aan sy eie galg!
Mordegai, jy gaan nou regeer
net mý posisie is nog meer.

Die wet van Mede en Perse is vas,
maak nou eerder ‘n nuwe wet.
“Verdedig julle self” is toe gelas.
So is die volk van uitwissing gered.

Hierdie geskiedenis wil jou leer:
Satan kan met skuiwe tyd verdryf
en skaakstukke val soms neer…
Maar skaakmat bly God’s laaste skuif!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading