Comrades

Vasbyt, aanhou, nog ‘n tree –
al voel dit alles gee nou mee.
Lankal by pyn se drumpel verby,
maar ophou is nie vir my…

Ek kan die skare in die stadion hoor,
die einpunt is net hier voor!
Kruppel, kruppel kyk ek terug:
Die wedloop is agter die rug!

In jou lewenswedloop, my vriend,
is jy moeg en seer, so onverdiend…
Die einde kom net nie in sig,
die lewenslas ‘n swaar gewig…

Los dit wat agter is en strek uit jou uit na Hom daar voor,
ja, jy moet Jesus se roepstem by die wenpaal hoor! (Fil 3:13-14)
Ek bid dat jy die lewenswedloop gelowig vol sal hou:
‘n Lewe by God is dan die oorwinnaarskroon vir jou. (II Tim 4:7-8)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading