Hoekom is jou geduld so min
as God stadig in jou lewe begin?
So, jy verwag vervulling in ’n dag
op elke klein versoek en klag?
Abraham en Sara moes ‘n eeu wag
vir die eersteling van hul nageslag.
Teen die tyd wat Sara toe sterf,
is haar graf hul enigste stukkie werf. (Gen 3:19-20).
Jy mag dalk dink hulle is verkul,
maar pasop voor jy verwyt:
Lees die verhaal vier eeue vooruit
en jy sien God se beloftes is vervul. (Hand 13:25-37)
Deur Jesus Christus se graf,
betaal hy vir jou straf.
Glo die beloftes in Sy Woord,
dan is jou graf net ’n poort! (Hand 13:38-39)
So as jy voel jou geduld is min,
moet jy weer oor vervulling besin:
God sal jou kom haal op ’n dag
en jy moet in gereedheid wag.
God se beloftes vir jou kom van bo.
In vervulling kan jy vashou en glo.
Oor Sy tydslyn moet jy verstaan
dat dit oor ewigheidsdinge gaan… (II Pet 3:8-10. Tit 1:1-3)