‘n Nuwe strategie

“Dink groot!” is wat hul sê
as jy sukses wil hê.
As jy strategies na dinge kyk
word jy sommer skatryk!

Doen dinge met spoed
dan gaan dit goed.
Party besluite is hard en koud,
maar dis nodig vir jou behoud.

Adam en Eva was in die paradys
toe die slang hulle die strategie wys.
Dink groot: Julle kan soos God word!
‘n happie appel is al wat jul kort!

Abraham het groot beloftes gekry
van seën en ‘n nageslag daarby.
Op honderd word die onmoontlike waar
as Sara haar eerste seun baar.

Maar teen sy lewe se end
het hy net een seun en ‘n tent…
‘n Strategie van wag en vertrou
Groot denke: God is getrou!

Farao se groot plan en strategie:
Ek gaan nie die slawe opgee nie!
Maar die see het hulle meegesleur
en tog is die volk droogvoets daardeur…

Is Gideon se groot denke reg?
“Jy het te veel manne vir die geveg!
Jy moet ‘n kruik en fakkel hou:
Staan dan en kyk hoe veg Ek vir jou.”

Die konings se groot strategie:
Ons dien nie net vir God nie.
As ons die vyand se gode ook dien,
kan ons ook van hulle rykdom verdien.

In ballingskap moes hulle leer:
Groot denke gaan oor ‘n groot Heer!
Daniël is uit ‘n leeukuil gered
en heidense konings buig in gebed.

Almal op aarde is verlore
Slim strategië is dood gebore.
Aardse planne laat ons van God skei
en die doodstraf gaan ons daarvoor kry.

God se groot strategie:
Ons is nie verlore nie!
Sy Seun moes aan die kruis kom sterf
sodat ons al Sy rykdom kon erf.

Dink groot! Is wat God sê,
die grootheid wat in God lê:
Hy is Skepper en Heer
wat oor alles regeer.

Hy wat genade betoon
dat sy Gees in jou woon!
As jy afhanklik na God kyk
word jy geestelik skatryk!

Geduld eerder as spoed,
want dis vir jou goed
om te elke dag te onthou
om net op God te vertrou!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading