Die tyd is te min om te vertel van elke verhaal,
van rigters en konings wat oorwinnings behaal.
Vuur is geblus en vir leeus was hule nie bang,
want hulle het in swakheid krag ontvang. (Heb 11:32-34).
Vroue het in geloof hul kind
uit die dood teruggevind.
Ander gelowiges wou nie vir vrylating betaal,
met die wete: Hulle word vir ‘n beter lewe kom haal. (Heb 11:35)
Van die bespotting en lyfstraf moet julle ook hoor:
Gelowiges is doodgegooi, in stukke gesaag en vermoor.
Hulle het gebrek gely en is verdruk in pyn.
Hulle het rondgeswerf in die woestyn. (Heb 11:36-38).
Hoewel mens so kan getuig oor hulle geloof,
het hulle nie gekry wat God beloof,
want God het vir ons iets beter beoog
hulle word nie sonder ons verhoog. (Heb 11:39-40).
Al hierdie gelowiges waarvan ons hier getuig
is besig om ons aan te moedig en toe te juig,
want voor ons lê die lewenswedloop
wat ons volhardend moet bly hardloop.
Hou die oog gevestig op wat God beloof:
Jesus, die die Begin en Voleinder van die geloof.
Hou Hom voor oë in jou wedloop en dag se taak
dan sal julle sal nie geestelik moeg word en agter raak. (Heb 12:1-3).
Hardloop vir die wedloop se loon:
Dis ‘n onverganklike oorwinnaarskroon!
Gefokus op die doel om te kwalifiseer
oefen ek en bring my ligaam onder beheer. (I Kor 9:24-27, II Tim 4:7-8, Fil 3:13-14).
Dra jy soms in die wedloop swaarder gewig?
Die wat God liefhet sal Hy ook tug…
Dit vorm jou en lewer goeie vrug
en bring jou na God se wil toe terug. (Heb 12:4-11).
Laat jou slap hande weer sterk vat
en versterk die lam knieë op die pad. (Heb 12:12-13)
Elkeen wat die oorwinning behaal
sal God by die wenstreep kom haal. (Op 2:17, II Tim 4:7-8)
Leave a Reply