GEDIGTE IN NUMERI

Jy gaan dit berou as jy nie vertrou.
Die Israeliete kon die rus nie binnegaan.
Die boodskap om hier te verstaan:
Hulle het God se almag nie vertrou 
en moes dit vir veertig jaar berou!
Lees die gedig…

Heb 3:18-19

Vir wie, behalwe hulle wat ongehoorsaam was, het Hy gesweer dat hulle beslis nie in sy rus sal ingaan nie? Ons sien dus dat hulle vanweë ongeloof nie in staat was om in sy rus in te gaan nie.
Lees die gedig…
Kyk op in geloof
Ons het sonde teen God gedoen,
bid om ons met Hom te versoen. 
Kyk na die koperslang op die paal:
Redding word deur geloof bepaal.

Numeri 21:8

Die Here het vir Moses gesê: “Maak vir jou ‘n slang en sit dit op ‘n paal, dan sal elkeen wat gepik is en daarna kyk, bly leef.”
Jy moet vertrou, God is getrou
Julle was moedswillig en ongehoorsaam.
Werk, van nou af, as God se volk saam
en eer Sy groot en heilige Naam.

Deuteronomium 4:7

Want watter ander groot nasie het ‘n god wat so na aan hulle is soos die Here ons God aan ons is wanneer ook al ons Hom aanroep?