Moses word opgelei om die volk te bevry Vir vierhonderd en dertig jaar het die volk vermeerder daar. So vul hul feitlik Egipteland, so baie soos die see se sand!
Die bos brand Daar op die berg se rand het die bos bly brand… “Trek uit jou skoene – dis gewyde grond! Ek is wat Ek is – die God van die verbond.

Die nege plae Ek sal die Farao in opstand laat kom, sodat ek My mag kan wys deur hom. (Rom 9:17) Farao, deur wat nou gaan gebeur, sal jy weet wie is die Heer.
Die tiende plaag Elke eersgeborene sal sterf! Die slafin sal oor haar kind weën. ‘n Gehuil op elke Egiptiese werf. Selfs die koning sal treur oor sy seun…