Psalm 127:1-2

o Here, ek bid vir die wat ek bedien,
dat hulle psalm honderd sewe en twintig sal sien,

Van hulle is heeldag besig om te swoeg,
hulle werk trek hulle in al van vroeg…
Hulle gun hulleself nie eers tyd om by U voete te sit.
Hulle inspanning vir brood laat hulle vergeet om te bid…

Laat hulle weer onthou:
Dat as U nie hulle huis bou,
swoeg hulle tevergeefs…

Ja, laat hulle tog onthou:
As U nie oor hulle die wag hou,
is die sekuriteit tevergeefs…

Here, God, die gejaag na wind maak hulle moeg,
laat hulle ophou met die sinnelose geswoeg.
Maak hulle deur hierdie psalm tog weer bewus
U gee wat hulle wat hulle nodig het terwyl hulle rus!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading