Johannes 15:1-8

Johannes vyftien het my eers geskok,
want U sny alle lote aan die wingerdstok
Ja, slegte lote gooi U weg…
Die wat vrug dra, snoei U reg. (Joh 15:1-2)

Sonder om in U te bly
sal niemand vrugte van my kry.
U is wingerdstok, ek is die loot –
sonder U gaan ek versker dood! (Joh 15:4-6)

Maar tog wil ek U nou loof,
want die gedeelte het ook beloof:

As julle in My bly
en Ek my woorde in julle kry,
vra dan net wat julle wil hê,
en Ek sal dit julle nie ontsê,
want so word julle, My dissipels, se vrugte meer
en juis daardeur kry my Vader die eer.

So, Here, hou my vas terwyl U my snoei,
ja, laat die werking van U Woord, welig in my groei.
Vul my, ‘n brose loot, met druiwetrosse van geluk,
waaruit ander U sal eer oor die vrugte wat hulle pluk!

Amen

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading