Gebed uit Kolossense 1:3-4, 9-14

Ek wil U o God, die Vader loof
want ek het gehoor van my vriende se geloof. (Kol 1:3-4)
Daarom sal my gebede na U onophoudend wees
dat U hulle al die wysheid en insig sal gee, deur U Gees. (Kol 1:9)

Here help hulle dat hulle na U wil sal strewe
en so sal doen wat U verlang en tot U eer sal lewe.
Mag hulle toeneem in kennis van U, o God.
Mag hulle vrugte dra deur die goeie werke van U gebod. (Kol 1:10-11)

Gee dat hulle deur U wonderbare krag, selfs in smart,
in alle omstandighede geduldig sal volhard.
Laat hulle dankgebed, O Vader, na U smag
terwyl hulle vir hulle erfenis op U wag. (Kol 1:12)

Uit die duisternis het U hulle weggeruk
en vir hulle die heerskappy van U Seun beskik.
Deur Hom het ons saam U verlossing verkry
ja, vergewing van sondes vir hulle en my.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading