Ek bid dat uit I Korintiërs dertien
u volgelinge sal kan raaksien:
Liefde, al praat jy in vreemde taal,
is soos ‘n klinkende metaal
en ‘n galmende simbaal.
Al het hulle al die kennis geleer,
en het hulle geloof in U, o Heer,
is hulle niks sonder die liefde.
Al gee hulle alles wat hulle het weg,
selfs hulle liggame, is dit sleg
en baat dit niks sonder liefde.
Liefde is…
geduldig,
en vriendelik.
Maar nie…
afgunstig,
grootpraterig,
verwaand,
onwelvoeglik,
en liggeraak.
Liefde soek nie eie belang,
hou nie boek van die kwaad,
vind vreugde in waarheid praat.
Ja, dis wat Sy liefde verlang.
Liefde
bedek alles,
glo alles,
verdra alles.
Ja, Here wat ek van U vra,
is dat hierdie woorde van U hul dra:
“Liefde sal nie ophou bestaan.
Al sal alles anders vergaan,
geloof, hoop en liefde bly,
maar die grootse is liefde vir My!”
Amen