Gebed Filippense 1 vers 9 -11

with No Comments

O Vader, ek bid vanoggend Filippense een vers nege tot elf
vir my, maar ook al die ander wat graag in U Woord delf.

Ek bid dat ons liefde sal bloei
al hoe meer sal toeneem en groei.
Dat ons so begrip en ‘n fyn aanvoeling sal kry,
sodat ons dit wat saak maak kan onderskei.

Sodat wanneer U Seun weer kom,
ons onberispelik sal wees voor Hom
en deur Hom in verhouding met U kan verkeer
en dit alles net tot U lof en eer!

Leave a Reply