Gebed Efesiërs 3: 14-21

Ek wil knielend in gebed voor U kom staan
vir die gemeenskap van gelowiges wat deur U bestaan,
Ek bid dat U deur U Gees
die innerlike krag in hulle sal wees (Ef 3:14-16)

Laat Christus, deur hulle geloof
in hulle woon, soos beloof.
Gee dat hulle in die liefde gewortel sal wees,
die liefde van die Vader, Seun en Gees. (Ef 3:17)

Mag hulle instaat wees om te ken verstaan
hoe wyd en ver en hoog en diep U liefde gaan.
Here, die liefde wat alle verstand te bowe gaan
laat hulle daardie liefde ken en verstaan.
Mag U hulle heeltemal vervul
deur hulle met U volheid te omhul. (Ef 3:18-19)

Aan U wat deur U krag in ons werk
U is magtig om meer te doen as wat ons bid as kerk
Aan U kom toe al die eer
tot in alle ewigheid, o Heer. (Ef 3:20-21)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply