Genesing van die seun

As profeet is Jesus in sy eie land nie geëer,
maar die mense daar het hom verwelkom,
want sy wonders het hom verstom.
Hulle moes nog van ware geloof leer… (Joh 4:43-46)

In Kapernaum was ‘n regeringsamptenaar
wat se seun op sterwe gelê het daar
Hy het toe na Jesus in Kana gegaan
‘n hele ent daarvandaan (Joh 4:46-47)

Hy het Jesus gevra om te kom om sy seun te genees
As julle nie tekens en wonders sien van bo
Wil julle eenvoudig nie in My glo…
Here kom tog anders gaan my kindjie reeds dood wees… (Joh 4:47-49)

Jou seun leef, jy kan maar huis toe gaan
Die man het Jesus geglo en terug gegaan
Oppad kom die werksmense by hom aan.
Jou kind lewe, hy kan weer staan! (Joh 4:50-52)

Hoe laat het hy beter geword en draai dinge toe om?
Gistermiddag eenuur het die koors hom verlaat
Maar Jesus het presies toe met my gepraat!
Hy en sy hele huis het tot geloof in Jesus gekom. (Joh 4:52-53)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading