I Timoteus: Die ware leer

Timoteus, ek skryf die brief aan jou
dat julle as Gods gesin, jul reg gedra
en die waarheid beskerm en dra.
Híerdie waarheid moet julle onthou: (I Tim 3:14-15).

As mens het Jesus in die wêreld gekom,
deur die Gees is bevestig die reg is in Hom,
aan die engele het Hy sy verskyning gemaak.
Heidennasies is deur Sy verkondiging geraak,
in die hele wêreld is Hy as Verlosser geglo,
Ja, Hy is opgeneem in heerlikheid daar bo. (I Tim 3:16).

Verbied verspreiding van ‘n valse leer
Twis gesprekke moet julle keer. (I Tim 1:3,4)

Die doel waarna die wet strek,
is om met ‘n goeie gewete te loof
en gevorm word deur opregte geloof,
om so, in julle rein harte, liefde te wek. (I Tim 1:5, 1953)

Hou by die gesonde leer en sy gebod –
dit gaan oor die evangelie van God. (I Tim 1:11)
Die betroubare woord moet jy onthou:
Christus het sondaars kom verlos, ja ook jou! (I Tim 1:15)
Almal wat dit glo en bely,
sal die ewige lewe verkry. (I Tim 1:16)

Aan Hom die ewige Koning en Heer,
die onverganklike,
die onsienlike,
die enigste,
kom toe die heerlikheid en eer! (I Tim 1:17)

Amen

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading