Filemon – vergifnis en verlossing van slawerny.

In dieselfde tyd as sy brief aan Kolossense
skryf Paulus ‘n brief met heel ander wense:
Filémon, in my gebede bly ek onthou
en dank God vir jou jou liefde en trou. (Fil 1:4,5)

My bede is vir dieper insig in wat Christus kan doen
Daarom skryf ek hierdie brief om te versoen.
Uit die gevangenis het ek hierdie brief gerig
om jou te wys waartoe liefde jou verplig. (Fil 1:8,9)

Ek doen ‘n beroep op jou oor Onesimus,
My geestelike kind, hier in die gevangenis
‘n Onbruikbare wegloop slaaf was hy
maar nou is hy bruikbaar vir jou en my. (Fil 1:10,11)

Jy gaan veel meer as ‘n slaaf terugkry:
‘n mens en broer in die Here is hy vir my
Jy moet hom as deelgenoot in die geloof beskou
Ja, ontvang hom, soos jy vir vir my sou! (Fil 1:16,17)

As hy jou enige iets skuld of skade doen,
Ek sal betaal, en so jul met mekaar versoen. (Fil 1:18,19)
Aan julle almal wat hierdie lees:
Die Here Jesus sal by julle wees! (Fil 1:25).

En jy leser, van hierdie gedig
Sien jy hierin Christus se lig?
Jy was ook ‘n wegloopslaaf
En word nou as broer in liefde gelaaf…

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading