Sien en verdien

‘n Wêreld se leë gesoek
afgebeeld op Facebook.
‘n Geblaai om te sien
of ek ‘n “like” kon verdien.

‘n Ruimte wat net die beste kant wys.
‘n Voorgee al is alles nie pluis.
‘n Plek waar almal kan sien
wat se lof ek nou weer verdien…

Die “Ek” lewenskuns
wat jaag na meer wins.
Nuwe planne om te sien
of ek nog meer kan verdien.

Ek het mos hard gewerk
ook vreeslik besig by die kerk!
Selfs God sal kan sien
dat ek die ewige lewe verdien!

Daar is ‘n ander Boek
waarin jy moet soek.
Daar kan jy blaai en sien
wat beteken “verdien”.

‘n Ruimte waar jy in gebed
kan bely dat jy ‘n slegte kant het.
‘n Plek waar jy kan sien
‘n Tollenaargebed oor verdien.

Kry daar die “Gee” lewenskuns
met Christus se liefde as wins.
Planne om God se wil te sien,
waar jy niks vir jouself verdien.

Daar gaan dit nie oor jou werk,
eie verdienste of self jou kerk.
Want kan jy nie sien:
Jy kan niks self verdien?

Ja, die Boek wil jou wys
van Sy liefde aan die kruis
Daar sal jy die wonder sien
Jesus het dit vir jou verdien.

Kniel voor Hom in die sand
en hou uit jou bedelaarshand.
Glo die beloftes wat jy daar sien
al weet jy jy het dit nie verdien!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading