Na die uithoeke van die aarde

Die Evangelie in Jerusalem (Lees Hand 6:1-7).
Toe die weduwees afgeskeep word,
het die dissipels besef diakens kort.
Hulle kon toe die Woord bly leer
en so word die gelowiges net meer.

Die eerste martelaar vir die Evangelie (Hand 6:8-15 en Hand 7).
Stefanus was vol van die Heilige Gees –
God se krag was duidelik in Hom gewees.
Hulle het sy Skrif boodskap nie verstaan,
selfs al het hy Jesus in die hemel sien staan.
Woedend, wreed het hulle Stefanus gestenig!
Met “vergewe hulle” is hy met Jesus verenig.

Paulus se bekering (Hand 9:1-21).
Paulus het toestemming ontvang
om gelowiges in Damaskus te vang.
‘n Lig uit die hemel het op hom gestraal:
“Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
Verkondig dat Ek vir sondes betaal
as jy dit net glo is jy daarvan bevry!”

Die Evangelie na Samaria (Hand 10:34-11:19).
Kornelius het gebid.
Hy hoor toe ‘n stem: “God sien wat jy doen”
God wou heidene met Hom versoen…

Petrus het gebid.
‘n Laken vol diere was daar
“Kom, Petrus, slag en eet.”
Ek eet nie iets onrein, U weet?
Ek het dit rein verklaar…

Net toe kom Korenlius se boodskappers aan
en Petrus het die gesig se betekenis verstaan:
“Ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak
Wie ookal glo, sal Sy kind raak!”

Die Heilige Gees is op hul uitgestort
Ja, hulle het God se kinders geword!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading