God se eer – vuur word beheer

Wie nie buig en die beeld aanbid,
sal ek in hierdie brandoond sit! (Dan 3:4-7)
Sadrag, Mesag en Abednego het nie gebuig
en moes voor die koning getuig…
Besef julle dat julle net dié kans het –
watter god sal julle dan uit my mag red? (Dan 3:8-15)

Sadrag, Mesag en Abednego gaan toe voort
om koning Nebukadnesar te antwoord:
Ons het ons God vir wie ons dien,
u sal dit in hierdie brandende oond sien! (Dan 3:16-18)

Ons het dan drie manne vasgebind –
daar is nou ‘n vierde – ‘n godekind!
Kom uit, dienaars van die allerhoogste God en Heer!
Hulle was nie geskroei en hulle klere het niks makeer… (Dan 3:23-27, 1953)

Julle was aan julle God getrou
en het in nood op Hom vertrou.
Aan julle God kom toe al die eer,
want Hy het selfs die vuur beheer. (Dan 3:28-29, Dan 4:1-3)

Loop jy in hierdie donker uur
deur die lewe se brandende vuur?
God sal jou daarin bewaar
en Sy engel ontmoet jy daar!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading