Die tong (Jak 3:1-12)


Here, laat Jakobus drie vers twaalf my leer
dat U my vandag waarsku om my tong te beheer.

Here vir perde sit ons ‘n stang in die bek
om hom sturend na links of regs te trek.
Groot skepe word deur winde aangedryf
net so is die tong die roer van mag vir die lyf. (Jak 3:1-5)

‘n Groot bos se vernietiging wat deur ‘n klein vuurjie ontstaan het,
so is die die tong die deel van die liggaam wat die hele mens besmet.
Alles kan mens tem of dit sit loop, vlieg, kruip of swem,
maar geen mens kan die dodelike, giftige tong tem.

Vergewe my, want met die tong wil ek U eer soek,
maar met dieselfde tong het ek U skepsels gevloek…
Suiwer U die brak water in my hartsfontein,
laat ware vrugte van my as vyeboom verskyn.

Amen

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading