Die vierde visioen

Ek sien ‘n man met linneklere aan
‘n Vierde visioen, moeilik om te verstaan.
Sy liggaam het geskitter soos ‘n edelsteen,
soos gepoleerde brons, sy been. (Dan 10:1-8)

Toe ek die man hoor praat,
val ek in bewustelose staat.
‘n Hand het my gerusgestel:
“Ek wil jou die toekoms vertel.
Dis opgeteken in die boek van Waarheid:
Konings en volke se komende stryd.” (Dan 10:9-21)

Hy vertel toe die afloop van die Persiese ryk
en die opstaan van die Griekse koninkryk. (Dan 11:1-4)
Bondgenootskappe sal dan ontvou
met dogters wat strategies gaan trou. (Dan 11:5-20)

Maar Antiogos, die veragtelike persoon
gaan die bondgenootskappe verloon.
Hy sal gelowiges verbrand en gevange neem.
Hy sal baie van hulle godsdiens vervreem. (Dan 11:21-35)

In die tyd van die Antichris se pyn
sal Migael op die toneel verskyn.
Baie sal uit die graf opstaan
en die ewige lewe binnegaan.
Ander breek ook die dood se bande,
maar tot veragting en ewige skande… (Dan 12:1-2)

Hoe lank sal hierdie gebeure aanhou?
Hy het sy hande na die hemel opgesteek:
Wanneer die gewyde volk se mag breek,
sal al hierdie dinge eers op kan hou. (Dan 12:5-7)

Waar loop dit alles heen?
Net God weet alleen!
Gaan jy dan nou,
die woorde word geheim gehou. (Dan 12:8-9)

Die verdukking sal baie louter en suiwer,
maar die goddeloses sal nie oor sonde huiwer.
Hulle sal in goddeloosheid bly bestaan,
maar verstandiges sal dié waarskuwing verstaan. (Dan 12:10)

Van die gruwel opgerig word begin die tyd loop.
Daar sal dan twaalf honderd en negentig dae verloop
Met dertien honderd vyf en dertig dae verby,
sal dit goed gaan met wie geduldig kon bly. (Dan 12:11-12)

Maar tot die einde moet jy aanhou,
dan kom daar ‘n tyd van rus vir jou.
Maar uit die graf kom jy weer uit,
om jou deel te ontvang in die einde van tyd. (Dan 12:13).

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading