Lyding deur die gelowige se bril (Fil 1)

Ja, hier in die tronk kry ek swaar,
maar ek kon die evangelie verklaar.
Die keiserlike wag is nou ook by die kerk
en my broers is in hul vertroue gesterk! (Fil 1:12-14).

Ek kan wel hier die doodstraf kry,
maar ten spyte daarvan is ek bly:
Want Christus is my lewenskuns
en om te sterwe is vir my wins. (Fil 1:21-22)

Jou lewe moet volgens die evangelie wees:
Eensgesind, standvastig, onbevrees.
Dis jou voorreg om in Sy diens te bly,
en ook om ter wille van Christus te ly. (Fil 1:27-29).

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading