Die Masedoniër siklus

Die Masedoniërs was baie arm,
maar tog in vrygewigheid warm.
Op hulle liggame swaar beproewingsmerke,
tog dring hulle aan op liefdeswerke (II Kor 8:2-4)

Hoe kan dit wees?
Ons moet dieper lees:

Hulle was só gevul met vreugde,
dit het oorgeloop in liefdesdeugde.
Meer as enige verdrukkingsswaar
was die vreugde wat hul ervaar. (II Kor 8:2)

Hoekom was hulle dan so bly?
Hulle het genade van God gekry! (II Kor 8:1)
Die impak van wedergeboorte dramaties –
so leef hulle na Sy wil outomaties. (II Kor 8:5)

Dit kan vir joú ook so wees!
Deur Sy Woord vreugdevul die Gees.
As jy daarin God se genade sien,
wil jy ook in oorloopvreugde dien…

Selfs in jou vreeslike swaar,
sal ander mense dit gewaar.
So sit jy die Masedoniër siklus voort
en meer mense kom tot die Poort.

Aan die genadige God en Heer,
kom toe alle lof en eer!
Van vreugde wil ons U dien
sodat almal U heerlikheid sien.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading