Moenie met God se genade speel

Hoe gaan ek julle oor ‘n moeilike saak inlig:
Julle word nog maar met melk gevoed
terwyl julle al ander moes kon onderrig
en moes kon onderskei tussen sleg en goed? (Heb 5:11-14).

Die leer oor die bekering en geloof was die begin,
daarna is julle ingelig oor doop en handoplegging.
Toe oor opstanding uit die dood en die ewige oordeel,
maar nou moet ek ‘n dieper boodskap ook deel… (Heb 6:1-3).

Wanneer mense een keer deur God verlig is
en met die hemelse gawe en Heilige Gees belig is,
die goeie woord van God kon leer ken as Sy kind
en die kragte van die toekomstige wêreld kon ondervind
en dan nogtans afvallig geword het van hierdie leer
is dit onmoontlik om hulle weer tot God te bekeer.
In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God
en is dit asof hulle Hom in die openbaar bespot. (Heb 6:4-6).

Maar, geliefdes, al praat ons in hierdie trant,
is ons oortuig julle is gered deur God se hand.
Julle is besig om medegelowiges te dien
So, God kan jul liefde vir Sy Naam sien. (Heb 6:9-10).

Dit is ons vurige wens dat elkeen van jul
met ywer sal hoop tot God sy beloftes vervul. (Heb 6:11-12).
Die anker van hoop is agter die voorhangsel vas
waarheen Jesus vir ons die Voorloper was. (Heb 6:19-20).

So wat hierdie boodskap met jou wil deel:
Moenie met God se genade speel!
Maar gelowiges hoef nie vir dié boodskap te skrik:
want “Niemand sal hulle uit My hand ruk –
Ek gee hulle die ewige lewe, moet jy verstaan
en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan.” (Joh 10:28-29)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading