Geloof in wat God beloof

Dink terug aan vroeër dae:
Julle het gely sonder om te kla.
Julle het in die stryd staande gebly
en saam met die gevangenis gely.

Julle het met blymoedigheid aanvaar
toe hulle julle besittings vir hulle vergaar,
want julle heg nie daaraan waarde:
Julle besitting is beter en blywend in waarde (Heb 10:32-34).

Moenie prysgee om in geloof te vertrou:
Dit hou ‘n groot beloning in vir jou!
Om te ontvang wat God beloof,
moet jy volhard in Sy wil met geloof. (Heb 10:35-36)

Binne ‘n kort tydjie sal elke mond verstom,
want Hy wat weer kom, sal dan kom!
Die wat vrygespreek is sal lewe
die wat terugedeins het sal bewe… (Heb 10:37)

Die definisie van geloof: Om te glo
is om seker te wees van wat ons hoop daarbo,
om oortuig te wees van wat ons nie sien nie:
ja, van beloftes wat ons nie verdien nie! (Heb 1:1)

Ons weet die wêreld is deur God geskep, want ons glo
die sigbare dinge het ontstaan uit woorde van Bo. (Heb 11:3).
Vanweë Abel se geloof het God sy offer aangeneem (Heb 11:4)
omdat Henog geglo het, is hy lewend weggeneem (Heb 11:5)

As mens nie glo nie, kan jy nie Sy wil doen:
Jy moet glo jy is met Hom versoen.
Ja, wie tot God nader
moet glo Hy is jou Vader
en as jy soekend na Hom gaan
bied Hy vir jou ‘n beloning aan (Heb 11:5-6).

Noag is gewaarsku oor dinge wat hy nie kon sien.
Die hamerhoue aan die ark was ‘n stille preek: (II Pet 2:5)
God gaan Hom oor die sonde wreek!
Geloof sal jou vryspraak laat verdien. (Heb 11:7)

Jy moet in hierdie geskiedenis lees
hoe sterk jou geloof moet wees.
Dink ook terug aan jou eie verlede
en meet jou geloof in die hede. (Op 2:5)
Om te ontvang wat God beloof,
moet jy volhard in Sy wil met geloof.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading