Wat jy moet sien, is dat jy die nie verdien…

Isak het gebid vir sy kinderlose vrou. (Gen 25:22)
Rebekka, daar is twee nasies in jou:
Die oudste sal die jongste dien
al sal hy dit eintlik nie verdien. (Gen 25:23)

So moet jy ook jou verlossing sien:
Jy het dit nie self verdien.
Dis nie dit wat jý doen
wat jou met God versoen. (Rom 9:11-13)

Reeds voor die skepping is die loskoping bestem
deur die Lam, sonder gebrek, maar bloedig gelem.
Deur Sy opwekking het God hom heerlikheid gegee.
Dit bring troos, geloof en hoop op God vir jou mee. (I Pet 1:19-20)

Hoe moet ons dan hieroor dink
as dit dan so onregverdig klink? (Rom 9:14)
God ontferm Hom oor wie Hy wil –
maak wat ek doen dan ’n verskil? (Rom 9:18-19)

Wie is jy wat met God redeneer?
Wanneer gaan jy dan leer?
Hy is die Pottebakker wat maak
en self besluit watter voorwerpe kraak… (Rom 9:20-21)

Wees daarom dankbaar en bly,
want jy het wel genade gekry. (Ef 1:6,12)
Ja, wie in Hom bly glo,
deel in die genade van bo. (Rom 9:33)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading