Jou eie eer?

Jesus het in Galilea gebly.
In Judea was die huttefees naby.
“Jy moet na die huttefees in Judea toe kom
dat mense jou wonderdade kan sien,” sê sy broers vir Hom. (Joh 7:1-4)

Selfs sy broers het nie in Hom geglo. (Joh 7:5)
Hulle versoek het oor hulle eie eer gegaan.
Dis die kern van ongeloof moet jy verstaan:
Enige iets in die plek van Hom daarbo.

Teen die middel van die fees het Jesus in die tempel geleer
Die Jode was verbaas: ”Hy het nooit in opleiding verkeer?”
“Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer
Hy wat My gestuur het, het My geleer: (Joh 7:14-18)

“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
Vir die wat glo, sal dit so wees:
Uit sy binneste sal ek strome lewende water skink.”
Hiermee het Hy verwys na die Gees. (Joh 7:37-39)

Party het gesê: Hy is werklik die Profeet
Ander dat Hy Christus heet
Sy woorde het die Joodse leiers vervreem
En hulle wou hom gevangene neem. (Joh 7:40-44)

Vir hulle het dit ook oor hulle eie eer gegaan
En hulle het selfs vir Niodemus vermaan
Ons beskerm wat ons het –
die mense ken nie die wet! (Joh 7:47-52)

Jesus se broers het dit oor eie eer gaan,
vir die Joodse leiers was wette hul bestaan.
Soek jy ook jou eie eer?
Of wil jy ook met wette probeer?

Nee, jy moet dors na jou Heer
en Hom bo alles begeer,
dan vul Hy jou met Sy Gees
en vloei lewende water uit jou vlees.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading