Alweer…

with No Comments

Ek het so hard probeer,
maar toe doen ek dit alweer…
Keer op keer
buig ek voor afgode neer…

Die eerste een is baie sterk.
Die afgod se naam is: “Werk”
As ek weer sien
is dit sukses wat ek dien…

Die een waarvoor ek die meeste swig
is dat ander my in erkenning uit moet lig.
Vreugde vir ander se suskes
gee voor my selfsug bes…

Nog een wat my vreeslik vas kan hou
is dat ek so maklik op myself vertrou,
in plaas van om in afhanklikheid te groei
as ek met beproewings moet stoei.

En word my bankrekening meer,
wil ek net nog goeters begeer
en sien ek op ander neer.
Mammon word so my heer.

Die een wat my so lekker sus,
is my idee oor wat goeie dade is.
As ek dink ek kan God se guns kan verdien,
het ek alweer dié afgod nie raak gesien…

Ai toggie, afgod “kos”:
Ek kry hom nie gelos!
Ek eet my oppad na die dood
intussen is daar lewende Brood.

Selfdissipline kan my net sover vat
as ek nie besef Jesus is my grootste skat,
sal ek bly sê: Alweer,
nie God se eer.

O God, open my oë om te sien
die verlossing wat ek nie verdien.
Ek glo U het my afgodery vergeef
U gaan my vir ewig laat leef:

Werk om skatte in die hemel op te gaar.
Vreugde om ander Jesus te laat ervaar.
Vertroue op God al gaan dit swaar.
Goeie werke want ek is dankbaar.

U is die een wat ek begeer:
Uitbundige vreugde om van U te leer
Niks wat U nie beheer!
Aan U kom toe alle eer!

Alweer?
Nog ‘n keer
net U eer,
alweer!

Leave a Reply