Abraham glo, maak jy ook so

Abraham het in die onmoontlike geboorte geglo (Gen 18)
en kry toe ‘n nageslag soos die sterre daarbo. (Heb 11:11-12)
As jy glo aan Jesus se onmoontlike geboorte, (Luk 1:34-37)?
skenk Hy aan jou die wedergeboorte! (II Kor 4:6, Joh 3:3-6)

Uit geloof hou Abraham ‘n mes teen sy seun se nek, (Gen 22)
want hy was oortuig dat God hom uit die dood op sou wek. (Heb 11:17-19)
As jy glo Jesus het uit die dood opgestaan
sal die Lam vir jou sondes na God toe gaan. (I Pet 1:19, Joh 1:36, Op 13:8)?

Abraham het van ‘n land net Sara se graf ontvang, (Gen 23)
maar in geloof eerder na die hemelse vaderland verlang. (Heb 11:13-16)
As jy glo die belofte van ‘n nuwe land sal in vervulling gaan, (II Pet 3:8-10)
sal jy saam met almal in lof en eer voor Hom gaan staan. (Op 19:5-7, II Tes 1:9-10)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading