Die tempelsweep

Jesus het die geldwisselaars se tafels omgekeer
en almal uit die tempel gejaag met sweep se seer…
“Hierdie is ‘n huis vir my Vader se saak,
julle moet dit nie ‘n besigheidsplek maak!” (Joh 2:13-16)

Die Jode sê: “Wys U gesag met ‘n teken.”
“Breek die tempel af – Ek sal dit in drie dae herstel!”
Hulle het nie verstaan wat dit beteken…
Hy het egter van Sy liggaam vertel. (Joh 2:18-21)

Toe die werklikheid na sy opstanding ontvou,
word Hy die Tempel van die stad daarbo. (Op 21:22)
Sy dissipels het toe hierdie woorde onthou
en die Skrif en die woorde van Jesus geglo. (Joh 2:22)

As Jesus dan as tempel bestaan,
ja, ‘n huis vir Sy Vader se saak,
maar alles vir jou net oor geld gaan,
slaan die sweep jou ook raak:

Vir joú is Sy liggaam afgebreek.
Ja, joú sonde is so gewreek.
Na drie dae het Hy opgestaan,
glo dit, anders gaan jy vergaan…

As hierdie sweepslag jou omkeer,
weet dat jy Hom as tempel het
en direk mag nader in gebed:
Kniel nou en gee Hom alle eer!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading