Lees Rigters 17-18. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Hoe word hierdie gedeelte, en eintlik ook die hele boek Rigters opgesom? (Rig 17:6, Rig 18:1)?
    2. Hoe word God verheerlik in Op 7:11-12?
  2. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. Ons het gesien God word verheerlik in Op 7:11-12. Wie was ook daar Op 7:10?
    2. Was die Stam Dan ook daar (Gen 49:17-18, Op 7:4-8)?
    3. Wat sal maak dat jy daar sal wees (Op 7:13-14)?
  3. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Is Miga se godsdiens volgens God se wil (Rig 17:3-5)?
    2. Is die jong priester se priesterdiens volgens God se wil (Rig 17:10-13, Num 16:10m Rig 18:19-20)?
    3. Is Dan se inname van die land volgens God se wil (Rig 18:5-6, Jes 30:1, Rig 18:10, 13-17)
    4. Is Dan se godsdiens in die nuwe land volgens God se wil (Rig 18:30-31)?
    5. Watter motivering is daar in Openbaring 7 vir jou om werklik God se wil te soek in jou lewe (Op 7:13-17)?

Leave a Reply