Lees Rigters 15-16. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Waar het Simson sy krag vandaan gekry in Rig 15:18-19?
    2. Hoe het die gebeure God se eer geraak (Rig 16:23-24, Luk 23:35-38)?
    3. Hoe is God se eer herstel aan die einde van die gebeure (Rig 16:30, Luk 23:44-47)?
  2. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. Hoe wys Simson se spot kort voor sy oorwinning na Christus (Mat 27:29, 67-69)?
    2. Hoe wys Simson se laaste gebed in Rig 16:28 na Christus (Luk 23:24)?
  3. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Sal jy Simson, wat telkens voor ongure vroue swik, ‘n gelowige noem (Heb 11:32-34)?
    2. Waar het Simson sy krag vandaan gekry in Rig 15:14, Jos 23:10?
    3. Waarom het Simson sy krag verloor (Rig 16:17)?
    4. Hoe het Simson sy krag teruggekry (Rig 16:28, Fil 4:12-13)?

 

Leave a Reply