Lees Rigters 13-14. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Wie het die volk in die Filistyne se mag oorgegee (Rig 13:1, Amos 3:2)?
    2. Wie het Simson se geboorte kom aankondig (Rig 13:18, Rig 13:22-23, Jes 9:6)?
  1. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. Hoe wys Simson as nasireër vooruit na Jesus (Mat 2:23, Heb 13:13-14)?
    2. Waarna laat hierdie verhaal jou uitsien (Joh 3:28-29, Op 19:7-9)?
  2. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Simson is geroep as nasireër, hoe vergelyk jou roeping daarmee (I Pet 2:9)?
    2. Waar het Simson sy krag vandaan gekry (Rig 14:6, Rig 14:19)? Geld dit ook vir jou (Joh 14:25-26, Mat 28:20)?
    3. Wat kon Simson doen met die krag wat hy van die Gees ontvang het (Rig 14:6)? Hoe lyk die leeu wat jy met die hulp van die Gees moet teenstaan in jou lewe (I Pet 5:8)? Wie gaan daardie leeu finaal verslaan (Op 5:5)?

 

Leave a Reply