Lees Rigters 11-12. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Hoe het gebed ‘n rol gespeel in die aanstelling van Jefta as rigter (Rig 11:11)? Waarvoor bid Jesus kort voor die die dag van sy kruisiging (Joh 17:1,4)?
    2. Hoe sien Jefta die gebeure van die verlede (Rig 11:21,23, Rig 12:3)?
  1. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. Roep jy ook soms Jesus in jou lewe terug net as jy in die moeilikheid is (Rig 11:4-7, Mat 8:24-25)?
    2. Wat se perspektief kry ons van Jesus se gebed as ons so vasgevang raak in die kort termyn krisisse van hierdie lewe (Joh 17:2-3, Joh 17:14-16)?
    3. Wat doen mense wat Jesus behoort (Joh 17:10)?
  2. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Waar het Jefta sy krag vandaan gekry om as leier op te tree (Rig 11:29)?
    2. Waartoe lei klein verskille (soos uitspraak) as God nie in die hart is nie (Rig 11:5-6, Mat 16:73-75)?
    3. Hoe gaan Jesus se gebed vir jou, jou lewe vorentoe verander (Joh 17:18-19,23)?

Leave a Reply