Abimelek het in Sigem gaan heul
om koningskap vir hom te steel.
Hy het sy sewentig broers doodgeslaan
sodat niemand in sy pad kon staan. (Rig 9:1-6)

Net Jotam het ontvlug en het kom profeteer:
Die olyf-, vye- en druiwestok wou nie hul vrug los
daarom kies die bome as koning, die doringbos.
‘n Vuur uit die doringbos sal julle verteer! (Rig 9:8-15)

Was julle moord in goeie trou?
Nee, so julle sal my woorde onthou:
Vuur gaan die burgers van Sigem verteer,
die straf sal ook na Abimelek terugkeer… (Rig 10:16-21)

Na drie jaar het daar ‘n opstand onstaan,
want Gaäl, met drank gevul, het gaan staan
en Abimelek verkleineer en uitgedaag
wat beantwoord is met ‘n hinderlaag. (Rig 9:22-41)

Die stad is bestorm en verslaan,
vlugtelinge het in ‘n kelder ingegaan.
Duisend mans en vroue is daar verbrand
onder die wrede Abimelek se hand. (Rig 9:42-49)

Die stad Tebes kry toe die berig
en hulle het in ‘n toring in gevlug.
Toe Abimelek dit ook aan die brand wou steek
het ‘n vrou met ‘n maalklip sy kopbeen gebreek… (Rig 9:50-56)

God het Sigem se verkeerde dade omgekeer
en so is vervul alles deur Jotam geprofeteer. (Rig 9:50-57)
Hierdie doringbos was nie tot God se eer,
maar ‘n ander doringbos wil jou verder leer:

Toe Moses by die brandende doringbos staan
Moes Hy God se “Ek is” boodskap verstaan:
In jou sondeslawerny moet jou onthou,
Ek is die Verbondsgod op wie jy moet vertrou. (Eks 3:2,14)

Leave a Reply