Tola het was leier vir drie en twintig jaar
Jaïr se seuns het dertig dorpe vergaar. (Rig 10:1-5)

Die volk het gedoen wat verkeerd is vir die Heer:
Hulle het die Baäls en Astartes afgode vereer.
Hulle was aan die Here ontrou
en moes dit vir agtien jaar berou. (Rig 10:6-9)

“Here ons wil ons sonde teen U bely…”
“Ek het julle al tevore van ander volke bevry,
maar julle was nou weer ontrou aan My.
Laat julle gode julle help noudat jul swaarkry!” (Rig 10:10-14)

“Here, hoor tog ons klag,
red ons tog net vandag!”
Hulle het die ware God weer begin dien
en God het hulle bevry toe Hy dit sien. (Rig 10:15-18)

Hoe lank gaan jy net nog praat
Wanneer voeg jy word by daad?
Jy gaan dit lank berou
as jy nie op God vertrou!

Leave a Reply