Lees Rigters 6-8. Laat die vrae hieronder jou help om die gedeelte te oordink en om jou gebed te rig.

  1. Hoe beklemtoon die skrifgedeelte die allesomvattende heerlikheid van God?
    1. Hoekom moes Gideon sy manne na 300 verminder (Rig 7:2)?
    2. Wat bewys die tekens wat Gideon ontvang het (Rig 6:20-21, 6:36-39)?
    3. Aan wie moet die eer van die oorwinnning gaan (Rig 7:21-22)?
  1. Was daar ‘n skakel na Christus, die gekruisigde en sy reddende werk? Of kan jy kruisverwysings met betrekking tot Christus, die gekruisigde, vind wat die inhoud van die die gedeelte sou verlig?
    1. Hoe word jy in jou swakheid sterk (Rig 6:15-16, II Kor 12:9-10)?
    2. In Rig 7:16 lees ons Gideon se wapens van fakkels en erdekruike. Watter lig werp II Kor 4:5-10 en Ef 6:11,17 op die wapens van fakkels en erdekruike wat ons ook moet gebruik?
  2. Watter inspirasie het hierdie teksgedeelte wat sal lei tot Gees beheerde gehoorsaamheid van geloof en ‘n lewe van liefde en heiligheid, wat gewortel is in die kruis van Christus en sal lei en tot eer van God?
    1. Hoeveel keer moes God Gideon aanmoedig en verseker dat Hy wel die oorwinning sal gee (Rig 6:14,16,21,23,36,39; Rig 7:7,10,15)? Sou jy hom beskryf as geloofsheld (Heb 11:32-34)?
    2. Waar het Gideon sy krag vandaan gekry om God se roeping uit te voer (Rig 6:14,16,34)?

Leave a Reply